Vier ‘n liefdevolle Februarie

Februarie is 'n spesiale maand en word gekenmerk as 'n maand van romanse.

In die eerste plek is dit die kortste maand van die jaar en vanjaar se kalender wys net 28 dae.

Die meeste van ons vergeet van hierdie romantiese dag totdat dit ons tref ‘n week of twee voor die 14de.

Dan onthou ons, net betyds, om sjokolade, rose en kaarte te koop wat ons met uitdrukkings van liefde en toewyding aan ons ware liefde gee.

So gaan die liefde nie eintlik net om Valentynsdag nie, maar oor wedersydse respek en eerbetoning dwarsdeur die jaar.

Vir dié romantiese siele wat graag hul metgeselle se voete onder hulle wil uitslaan sal nie Valentynsdag spesiaal wees nie, maar die maand Februarie in geheel.

Eintlik weet min mense waar dié dag sy oorsprong vandaan kry.

Die dag kry sy naam van ‘n bekende heilige St Valentine, maar daar is ‘n paar stories van wie hy was.

Die algemene opvatting oor St Valentine is dat hy ‘n priester van Rome in die derde eeu na Christus was.

Keiser Claudius II het die huwelik verbied omdat hy gedink het dat getroude mans slegte soldate was.

Valentine het blykbaar gevoel dit is onregverdig en hy het die reëls verbreek en het huwelike in die geheim gereël.

Die Keiser het daarvan uitgevind en Valentine is in die tronk gegooi en ter dood veroordeel.

In die gevangenis het hy glo verlief geraak op die dogter van die tronkbewaarder en toe hy geneem is om doodgemaak te word, op 14 Februarie, het hy vir haar ‘n liefdesbrief geskryf en onderteken “van jou Valentine”.

Die eerste Valentynsdag is glo al gevier in die jaar 496.

Die Romeine het destyds ‘n fees genaamd Lupercalia, om die begin van die lente aan te dui, in die middel van Februarie gevier.

Daar word geglo dat die jongmanne meisies se name uit ‘n boks getrek het en dat hulle dan kêrel en nooi was tydens die feesvieringe.

Sommige van die paartjies het dan ook later van tyd getrou.

Later van tyd wou die kerk die geleentheid in ‘n Christelike fees verander en dit ook gebruik om St Valentine te onthou.

So het die mense mettertyd al hoe meer van St Valentine se dag verwys as na ‘n Christelike fees.

Maar vir Christene boy die diepste uitdrukking van liefde meer as lekkergoed, rose, en kaarte; dit is om te onthou wat Jesus vir ons gedoen het deur hom as ‘n lewende offer te gee vir ons redding.

Om van liefde te praat bring ‘n glimlag op iemand se gesig en die romantiese effek laat hulle dalk dink aan ‘n spesiale plek.

Die taal van liefde word gedoen met liefde of in guns van iemand en nie met wroeginge of ontsteltenis in die hart nie.

Laat ons dan praat van liefde om iemand se lewe vrolik te maak sodat die taal van liefde nooit sal vervaag nie, maar eerder hoop bring aan die wanhopiges.

Exit mobile version