LettersOpinion

Wat het sy gedoen wat so verkeerd was?

Susan Vlok, van Struisbult, skryf:

Onlangs lees ek ‘n gediggie wat een van my vriendinne se laslappie-kinders geskryf het.

Nodeloos om te sê, dit het my hartsnare geroer en my bewoë gelaat.

Sy deel haar gevoel van hoe sy vasgevang en toegesluit voel, waardeloos en sonder enige trots.

Is dit hoe laslappie-kinders deur die lewe gaan, verward en gebruik (of is dit misbruik)?

So skryf sy van haar oë wat regtig wil sien, van haar vryheid wat sy voel haar ontneem is.

Is ons hierdie kinders se vriende want hulle wil weet of daar nog ware vriendskap in hierdie deurmekaar lewe is.

Laslappie-kinders kan nie altyd verstaan hoekom waar hulle hulself in die wêreld bevind nie.

Is dit nie juis die plig van die gemeenskap om hierdie kinders tuis te laat voel en te verwelkom nie?

Sy skryf voort van die koue winter winde wat verby gaan en hoe sy wonder hoe het dit gebeur dat sy as baba in ‘n asblik gevind is en waarom.

Nie net beleef hierdie kind verwerping nie, maar sy wonder of sy êrens in die samelewing hoort.

Sy vra wat het sy gedoen wat so verkeerd was?

Dit is juis die volgende wat hartroerend is, sy sien families, gelukkig en vry en sy wens dit was sy.

Toemaar kind, daar is mense wat jou in gebed opdra, want jy is nooit werklik alleen nie.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button