BlogsOpinion

Onthou jy nog jou eerste skooldag?

Ek onthou my eerste skooldag met gemengde gevoelens.

Hier is my storie.

Die baksteen gebou is geleë naby ‘n klein plekkie genaamd Uitspan, in Witbank.

Met my een hand stewig in my ma se hand, terwyl my een broer my ander hand vashou, stap ons in die rooi gepoleerde gange verby die hoof se kantoor.

Ons word met slegs ‘n kopknik gegroet.

Krakende houtvloere, groot trappe en die hoë plafonne wat groter lyk as normal for enige vyf jarige.

Bleek, maer en grootoog, was ek nou ingeteken in die groot skool en ‘n volwaardige Graad Een leerling van Laerskool Panorama.

Aan die agterkant van die klaskamer sit die moeders op ‘n lang bank terwyl die grade departementshoof gesels in ‘n lae stem.

Hulle gee voor om gelukkig te wees terwyl hulle afskeid neem van hul spruite, maar dit is net ‘n brawe voorgee gesig, want my ma se oë het vreeslik geblink en haar lip het gebewe terwyl sy my met ‘n skewe glimlag teen haar moederlyf vasdruk.

‘n Gryse oujongnooi met ‘n bril en haar hare styf vasgemaak in ‘n bolla, was my nuwe onderwyseres.

Vroeër die oggend by die huis, het ek hard geskreeu en gesê ek is siek, veels te siek om skool toe te gaan.

Nou, hier in die klaskamer, voel ek gelyktydig gefassineer en afgestoot.

Deel van my het gedink dit sou ‘n interessante avontuur wees, maar ‘n ander deel van my het geweet dat die skool my sorgelose wêreld sou verander.

Speeltyd net na pret gelyk al het ek nie gedink ek sal van die skool hou nie.

Die bolla-juffrou het gesê ons moet in ‘n semi-sirkel sit op die blokkies plankvloer, waar sy vir ons ‘n kleurvolle storieboek voorlees.

Toe sê sy ons gaan nou verf en met klei speel.

Met groot opgewondenheid sê sy ons moet twee lyne vorm, seuns eenkant en dogters aan die anderkant.

Toilet tyd het aangebreek.

Tuis gaan jy toilet toe soos die behoefte hom voordoen, maar in die skool staan jy in ‘n ry en knyp totdat dit jou beurt is.

Skielik besef ek dat alhoewel my ma belowe het dat sy op die houtbankie naby die hoof se kantoor vir my sou wag, die klaskamer se deur is oopgelaat vir ‘n rede.

Uit die hoek van my oog, sien ek die bankie was nou leeg.

Al die mammas het in die niet verdwyn.

My oë het vol trane geskiet en ek het besef dat, al het ek twee broers in dieselfde skool gehad, een in Standard Een en die ander een in Standard Twee, vandag Graad Drie en Vier, was ek op my eie.

Daar was geen omdraai kans nie, ek moes deurdruk totdat ek weer veilig is by my mamma en by my eie huis.

Ek was nou ‘n volwaardige ‘graad eentjie padda beentjie’.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button