LettersOpinion

Wie nie hoor nie moet voel

Susan van Vuuren van Petersfield skryf:

Die waarskuwing van die verkeerspolisie van regoor die land is nie net beloftes nie.

Dié waarkskuwing is uitgereik net toe die vakansie begin het.

Verkeersowerhede het gewaarsku dat hulle geen drink en bestuur sal duld nie en dat oortreders summier toegesluit sal word.

Wel, dit was toe nie net leë beloftes nie, want volgens die onlangse nuusberigte is daar al heelwat mense gearresteer vir dronkbestuur.

Dit is so belangrik dat motoriste moet besef watter gevaar hulle vir ander padverbruikers inhou indien hulle wel drink en bestuur.

Sodra mens alkohol inneem beïnvloed dit nie net jou sig nie, maar ook jou denke en reaksie vermoë.

Dit verdof ook die bestuurder se visie.

Dit gaan mens se verstand te bowe dat, alhoewel die wet duidelik stipuleer dat drink en bestuur onwettig is, die publiek hulle net nie daaraan steur nie.

Is dit nie dalk wat die woord “karate-water” beteken nie?

Drinkers wat baie sterk en ook baie slimmer voorkom as wat hulle gewoonlik is wanneer hulle geen alkohol ingeneem het nie.

Maar thumbs up vir die verkeersowerheid – laat die drinkers wat nie wil hoor nie voel.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button