LettersOpinion

Feite of sensasie?

Nuuskierige Rowhill-inwoner skryf:

Al die stories wat ons lees, hetsy dit in koerante, tydskrifte of op sosiale media is, is dit die waarheid?

Werklik die waarheid en niks anders as die waarheid nie?

Gee die media die storie juis en korrek deur, of glip daar so bietjie onwaarheid in die storie in vir meer sensasie?

Met sosiale media wil al die media webtuistes graag meer mense lok, maar ten koste van wie?

Dink nou maar aan die celebrities.

Hoe sal ons nou weet of Brad Pitt regtig dwelms gebruik, of op sy kinders skreeu, of dalk vir Angelina verneuk?

Wat ek wel weet is dat elke persoon in die openbare oog hul reg tot privaatheid verloor.

Maar is dit genoeg rede vir die media om so diep te delf dat selfs hul diepste geheime oopgevlek word?

Vele bekende mense hoor jy net nooit van nie, is dit dalk omdat hulle hul lewe en dié van hul kinders so privaat hou dat niemand ooit hul privaatheid sal binnedring nie, of is hulle net slim genoeg om die media te ontduik?

Met skandes en skades, moord en doodslag, familieslagtings en selfmoorde of presidente wat geld skuld en bevriend is met die welaf mense wonder mens of al hierdie publisiteit werklik nodig is.

Kan ons nie maar in vrede leef en op ons knieë bly soos dit goeie Christene betaam nie?

Al word dit juis van ons verwag om vir ons regering en medemens te bid, vrywaar dit nie die wêreld of mensdom van wreedheid, skandes, diefstal ensovoorts nie.

Want skandes bly skandes, moord bly moord en so ook bly diefstal net wat dit is, diefstal, maar skinderstories, oe, ek weet darem nie.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button