Die noodsaaklikheid van water

Omdat twee derdes van die aarde se oppervlak met water bedek is en die menslike liggaam uit 75% daarvan bestaan, is dit klaarblyklik duidelik dat water een van die eerste elemente is wat verantwoordelik is vir lewe op aarde.

Water sirkuleer deur die land net soos deur die menslike liggaam.

Dit vervoer, ontbind en vul voedingstowwe en organiese materiaal aan, terwyl dit afvalmateriaal wegvoer.

Verder reguleer dit die aktiwiteite van vloeistowwe, weefsel, selle, limf, bloed en klierafskeiding in die liggaam.

Die gemiddelde volwasse liggaam bevat sowat 42 liter water en, met ‘n verlies van slegs 2.7 liter, kan ons liggame dehidreer en simptome van geïrriteerdheid, moegheid, senuagtigheid, duiseligheid, swakheid en hoofpyn tot gevolg hê.

Die water wat ons drink maak voorsiening vir selfunksie, daarom beinvloed die afname in ons daaglikse waterinname die doeltreffendheid van sel-aktiwiteit en die skoonmaak van die liggaam.

Chroniese dehidrasie kán dus ernstige nagevolge vir die menslike liggaam inhou.

Water word sedert die antieke tyd gebruik as simbool van reinheid en genesing.

Ons almal weet van die eenvoudige, maar doeltreffende, kalmerende eienskappe van ‘n warm bad of die verfrissende gevolge van ‘n koue stort.

Daar is historiese rekords van koue fonteine se genesende doel sedert die 14de eeu en verskeie plekke in die wêreld is nogsteeds bekend vir hul genesende plekke.

In teenstelling met die verlede, het die ontwikkelde tegnologiese samelewing afsydig gestaan teenoor hierdie teken van lewe.

Ons natuurerfenis, soos riviere, seë en oseane is uitgebuit, mishandel en besmet.

Die agteruitgang van mariene en rivieroewers lewe, die voorkoms van groen alge in die riviere en die stank en slyk wat kom as gevolg van verrotting in die water, is duidelike tekens van die diepte en omvang van ontwrigting wat die oorsaak is van hierdie ingewikkelde ekosisteem.

Die munisipaliteit het onlangs waterbeperkings ingestel om die gemeenskap meer besparingsbewus te maak.

Waterbesparingsbewustheid en optrede lê geheel en al by ons en ons moet onsself opvoed en innoveerders word daarvan.

Vind maniere om water te bespaar, leer jou kinders van ‘n jong ouderdom om nie met water te mors nie, want met die regte benadering kán ons die noodsaaklikheid van water in ons daaglikse bestaan verstaan.

Rapporteer waterlekke by 086 054 3000, selfs al is dit nie op jou perseel nie.

Elke waterlek wat nagelaat word is kosbare water wat onnodig vermors word en wat noodsaaklik is vir die voortbestaan van die natuur, plante en diere, sowel as vir die mens.

Die verantwoordelikheid om water te bespaar berus dus by elke lid van die gemeenskap, of ons betrokke wil raak of nie, dit is ons plig teenoor ons nageslag.

Exit mobile version