LettersOpinion

Onsensitiwiteit teenoor gestremdes

Gestremde Springs inwoner skryf:

Al is ons gestremd wil ons nog menswaardig en selfstandig wees.

Ek was baie siek, waarna ek die gebruik van my een been gedeeltelik verloor het, daarom is ek nou van ‘n loopraam afhanklik.

Maar ek dank die Here elke dag dat ek ‘n tweede kans op die lewe gegun is, my motor kan bestuur en met ‘n loopraam kan loop.

Maar dan hoor ek kwetsende aanmerkings, soos onlangs by ‘n winkelsentrum in Strubenvale, toe iemand sê: “Tannie jou wiele verloor”.

Die persoon wat dié woord uiter se vriend het gedink dit is die grap van die jaar.

Wat ‘n belediging.

By ‘n volgende geleentheid, nie lank na die vorige ‘grap’ nie, is ek en ‘n verkoopsman in ‘n gesprek, toe ‘n wildvreemde vrou sommer namens my en die verkoopsman die gesprek oorneem asof ek nie ‘n woord verstaan wat die man vir my sê nie.

Ek het aan haar verduidelik dat ons in ‘n gesprek is, maar volgens haar probeer sy net help, waarop ek aan haar gesê het my been is gestremd, en nie my verstand nie.

Al is ek gestremd probeer ek sover moontlik selfstandig en menswaardig wees.

Behandel gestremdes as daarvolgens.

Ons is nie verstandlose imbecile (onnosel of swaksinnig) nie.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button