BlogsOpinion

Padtekens is daar om gehoorsaam te word

As ons moet vertel van die hoeveelheid klagtes wat ons al oor die jare heen ontvang het van mense wat padtekens verontagsaam sal ons die klagtes in ’n boek kon saamvat.

Is dit dan nou nie juis die rede hoekom kinders hulle eerder wend tot binnenshuise speletjies op die rekenaar of wibox of watter elektroniese speletjies ookal tot hulle beskikking is nie?

Die vraag is ook hoeveel ouers hulle kinders nog vandag toelaat om in die strate te speel soos voorheen?

Daar is mense wat geneig is om te kla dat kinders nie meer vandag buite speel nie.

So het een mamma ons ingelig van ’n insident wat sy buite hul erf beleef het.

Sy beweer ’n motoris het met ’n vreeslike spoed op hulle afgepyl terwyl haar dogtertjie, onder haar moeder se toesig, buite op haar fiets gery het.

Dié mamma het besluit om die motoris te probeer waarsku van die naderende stopstraat, maar die haastige motorbestuurder het glad nie spoed verminder nie, inteendeel, sy het vir die mamma uitgeswaai en amper die kind van haar fiets afgery. Die mamma het vertel dat haar dogtertjie so groot geskrik het vir die jaagduiwel dat sy van haar fiets afgespring het.

So vertel sy ook dat die bestuurder ’n jong vrou was en dat sy hoeka in elke geval nie eers by die alomteenwoordige rooi stopteken gestop het nie.

’n Stopstraat wat glo die rede is vir die meeste ongelukke is deur dié jong motorbestuurder as nutteloos beskou.

Miskien leer kinders nie meer op skool wat die doel van padtekens is nie.

Selfs ’n rooi verkeerslig word deesdae verontagsaam.

Dit is seker die universeelste van alle verkeerstekens.

Ons weet almal wat dit beteken as ons dit sien: Stop.

Sekere motoriste vermeerder eerder spoed om sodoende vinniger hul eindbestemming te bereik.

Dan moét ons ’n draai maak by die spoedbeperkingstekens.

O wee, dit is nou vir jou ’n ding om by die spoedbeperking te hou.

Die vele advertensieborde beteken ook nie juis veel vir hierdie jaagduiwels nie.

Saterdag beleef ’n kollega van my hoe die bestuurder van ’n voertuig, wat hom heel waarskynlik nie aan die spoedbeperking gesteur het nie, beheer verloor oor sy voertuig.

Die ergste is dat hy ses passasiers gehad het waarvan een ’n senior vrou van omtrent 80 jaar was.

Almal, insluitende die bestuurder, het baie seergekry en dit net omdat die moontlikheid bestaan dat ’n spoedteken verontagsaam is.

Nou wonder mens wat jou te doen staan om die betekenis van verkeerstekens op ’n beter of praktieser manier onder die aandag van Jan Publiek te bring.

Maar gaan dit motorbestuurders meer begrip gee vir ander padgebruikers en selfs vir voetgangers?

Ons wil die gehoorsame motoriste bedank vir hul geduld jeens dié padverbruikers wat hulle glad nie steur aan padtekens nie.

Dus is dit dalk glad nie so slegte idee om elke vyfde jaar met die hernuwing van bestuurslisensies ’n crash course oor padtekens te skryf nie.

Wie weet, dalk sal die padongeluk-syfer verminder.

Mens wonder of die verontagsaming van pad verkeersreëls aspris is en of dit is om te wys dat dié ongehoorsame bestuurders dink hulle is bo die wet.

Dalk sal die oogartse meer besoeke ontvang en sal die hospitale se noodafdelings nie so besig wees nie.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button