Dankie aan almal vir die ondersteuning

Trudie Scheepers van Awendgloed skryf:

Ons het op 19 Augustus afskeid geneem van my man Roelf Scheepers wat na ’n lang siekbed op 15 Augustus oorlede is.

Namens myself, my kinders en die familie wil ons graag die volgende mense bedank:

Pastoor Jaco Fourie van die AGS Lofoord gemeente, baie dankie vir julle bystand, liefde en gebede asook aan die dames wat die verversings voorsien het na die diens.

Aan al die Awendgloed inwoners wat my so bygestaan het en julle gebede, dit word waardeer.

Selfs vir dié wat net kom inloer het, baie dankie.

Die opsigters van die ander aftree-oorde asook die inwoners, baie dankie vir die laaste eer wat julle betoon het.

Graag wil ek ook dankie sê vir al my kollegas by behuising en selfs die kontrakteurs wat so getrou kom inloer het.

Die begrafnisondernemer Johan Smith, baie dankie dat jy ons so bygestaan het en die reëlings so gou vir ons afgehandel het.

Dit word opreg waardeer.

Roelf se plek is leeg, ons harte is baie seer, maar dit was God se wil.

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version