BlogsOpinion

’n Wegbreek verrig wondere

Indien jy dink jy is te besig by die werk om verlof te neem, dink weer.

’n Wegbreekkans kan jou gelukkig, meer gefokus hou en selfs produktiewer maak.

Sommige van ons dink ons is te besig en selfs onmisbaar, maar as ons nie wegbreek nie gaan ons moet-doen lysie nooit korter word nie.

Ons dink soms daar is beter maniere om dinge te doen en dat ons net te besig is om nou daaraan aandag te gee, dus gaan ons maar aan net soos voorheen.

Vir jare het ek ook so gedink, tot onlangs toe ek die wonder van wegbreek by die werk ontdek het.

Die twee weke weg van die werk het my baie gelukkig gemaak en al het dit ’n paar dae geneem om totaal en al te ontspan, het ek meer gefokus teruggekeer.

Of ek nou produktiewer sal wees kan ek maar net hoop, want daar is ’n besige paar maande wat voorlê, maar met ’n positiewe gesindheid kan dit werk.

Wat om te doen tydens jou swaar verdiende wegbreek is totaal en al elke individue se keuse.

Vir my was die tyd weg van die werk ’n totale gedagte verandering.

Om met jou persoonlike take besig te wees, gee sommer sin aan die lewe.

Een van die voordele was ook om meer tyd te spandeer aan al ons diere, want selfs hulle voel soms afgeskeep.

Dan my nuutgevonde talent, abstrakte kuns.

Iets wat ek maar onlangs ontdek het, danksy ’n vriendin van my.

Dit laat jou totaal en al wegbreek en afskakel van alles en almal om jou.

’n Hemelse gevoel, vol vrede en rustigheid.

Ons is soms so geneig om in ’n groef te beland, ons druk onsself om beter te doen en met die werksdruk wat by die dag meer en meer word, is dit nie altyd maklik nie.

Maar die brein moet ook ’n wegbreekkans kry, sodat ons met ’n helder verstand kan terugkeer werk toe.

Basies raak die brein oorwerk en raak ons geirriteerd, kort van draad en total en al ongefokus.

Die brein is nie gemaak vir lang fokus periodes nie, veral nie teen die tempo waarmee ons deesdae leef nie.

Sy funksie is om altyd waaksaam te wees sodat hy al die verskillende veranderinge kan opspoor om ons voortbestaan te verseker.

Daarom is dit belangrik om die brein te laat rus, sodat dit weer normaal kan funksioneer.

Soms is slegs ’n kort onderbreking nodig, maar dis die beste om vir langer periodes weg te breek van ons daaglikse roetine by die werk.

Soos ek vroeër genoem het, is dit ’n goeie ding om ook die gedagtegang te onderbreek en daarvoor is ’n change of scenery ’n goeie idee.

So kan wegbreek ’n lafenis wees vir mens se siel, liggaam en verstand, iets wat elkeen van ons verdien en nodig het van tyd tot tyd.

Met al die gejaag en gewoel van ons daaglikse bestaan is dit noodsaaklik om jou liggaam ook te herlaai sodat jy ’n sug van verligting kan gee wanneer jy heerlik ontspan en met ’n verkwikte siel, ’n helder verstand en verfrisde liggaam kan ons almal weer aan die werk spring vir die volgende helfte van die jaar, tot en met die Desembervakansie.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button