LettersOpinion

‘Per ongeluk’ kos geld

Anna Patat van Struisbult skryf:

Groot was my verbasing toe ek al die water sien wat in Vyfdestraat afloop.

By verdere ondersoek ontstaan daar toe ‘n pratige fontein wat hoĂ«r strek as die biblioteek.

Soveel water wat gemors word en een van die werkers wat sy tong klap toe ek vir meer inligting vra.

Maar nou weet ek hoekom hy nie wou praat nie, want hulle het “per ongeluk” die waterpyp stukkend gekap.

Dan is daar ‘n paar besighede in Agtstestraat wat sonder water is omdat ander kontrakwerkers die waterpyp stukkend gekap het.

Die interessante deel is dat toe hulle hul fout agterkom het hulle die gat met grond en sement gevul en dit net so gelos.

Seker gedink geen kind of kraai sal weet nie.

Maar toe maak hulle die fout, die besighede rapporteer dit aan die Ekuruleni Metro en kyk nou net, daar ontdek hulle die per-ongeluk-raak-gekapte-pyp.

Wonder wie die kostes gaan dra van die “ongeluk”, seker maar weer ons belastingbetalers.

Dit verstom my dat mense hulle foute so probeer toesmeer, of is dit nou toe gooi?

Soveel water, kosbare drinkwater, wat verlore gegaan het.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button