BlogsOpinion

Honde of skape

Die verskil tussen mens en dier is voor die hand liggend.

Babas word gebore en is afhanklik van ander om hulle deur die grootword jare te help totdat hulle onafhanklik is.

Maar wanneer dit by diere kom verdwyn die afhanklikheid nooit.

Die mens moet vir hulle sorg deur kos te koop, hulle van water te voorsien, na hul gesondheid omsien en dan, die belangrikste van alles, aandag aan hulle te gee.

Baie mense reken diere moet in vrede met mekaar saamleef, maar diere openbaar soms eienaardige gedrag.

Die vyf Robertson honde troeteldiere het besluit die gras is groener aan die ander kant en gaan vir die skape kuier aan die ander kant van die heining.

Soos stout kinders speel en baljaar hulle tussen die skape, totdat die een spelerig byt-byt aan die een dragtige ooi se hakskene.

Kort voor lank word die speletjie omgesit in soveel ‘pret’ dat elke skaap in verskillende rigtings in hardloop en vlug vir hulle lewe.

Die dag voor Goeie Vrydag verander in ‘n onvergeetlike nagmerrie.

Met ons tuiskoms, lê vier van die honde dood luiters weer in die erf, vas aan die slaap na hul spelerige jagtog, maar sien, daar is een probleem, die ou grote lê nog aan die ander kant van die heining, nie in staat om terug te kom na waar hy hoort nie.

Hoe hy aan die ander kant van die heining beland het is nog ‘n raaisel, maar terug kon hy nie.

Dood tevrede dat hulle absoluut niks verkeerd gedoen het nie, lê die skape oral verstrooid aan dieselfde kant as die ou grote.

Agt skape is dood, waarvan sewe ooie dragtig was, en nog een is ernstig beseer en moet noodgedwonge van kant gemaak word – hierdie is ‘n groot verlies vir ons.

Vyf van die trop van 22 skape lewe nog, maar is ook beseer.

So spring ons in en kry vir ou grote terug waar hy hoort en begin dooie skape bymekaar maak vir die groot ‘begrafnis’ terwyl die anti-inflammatoriese spuitmiddels en wondsproei gegryp word vir behandeling.

Soos wafferse veeartse begin ons die skape kalmeer om hulle te dokter.

Die een is redelik erg beseer en ons kan maar net bid dat sy, ook dragtig, dit sal oorleef.

Groot was ons vreugde toe ons haar op Goeie Vrydag kry waar sy, staande, besig is om water te drink en rond te krap in die voerbak.

Eienaardig genoeg, het al die beseerde skape oorleef, want hulle is met liefde en medisyne behandel.

Nou bly die keuse tussen hond en skape oor en ons weet nie watter dier dit gaan wees nie.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button