LettersOpinion

Ongeskikte man

Hiermee wil ek my skok uitspreek oor die manier waarop ek behandel is deur 'n werker van die Springs munisipaliteit.

Ek is ‘n weduwee wat my huis verkoop het, en deur omstandighede het my erfbelasting geweldig opgeloop.

Die prokureur wat die boedel behartig, het my meegedeel dat hy nie dié spesifieke munispale werker telefonies in die hande kry nie, waarop ek gesê het ek sal hom gaan sien.

Die rede hiervoor is vir die uitklaringsertifikaat, en om ook te hoor of ek die uitstaande bedrag in twee paaiemente kan betaal.

Nadat ek bykans ‘n uur gewag het om hom te sien, het hy sommer op ‘n ongeskikte manier gevra wie my na hom gestuur het.

Ek het gesê dit is die prokureur waarop hy gereageer het wie dink die prokureur is hy om sommer te besluit wie hom mag sien.

Hy het my nie eers laat sit om die saak te bespreek nie, net gesê ek kon ‘n ander persoon ook gaan sien het om die saak te bespreek.

Nog so staande deel hy my mee die bedrag moet in een paaiement betaal word voordat ‘n uitklaringsertifikaat uitgereik kan word.

Ek wou net die helfte nou betaal en die res aan die einde van die maand.

Hy kon my net verwys het na iemand eerder as om so ‘n ongeskikte houding in te neem.

As hy nie mense wil help nie, maak ‘n bannier wat se waar om te gaan dan kan hy maar sy neus in sy rekenaar druk en sy ‘werk’ doen waarvoor hy glo nie kans kry nie.

As hy my soos ‘n wurm wou laat voel het hy dit reggekry.

Ek hoop nie ek hoef ooit weer in my lewe met hom te praat nie.

Ongeskikte ongemanierde man.

Hester de Kock

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button