Siek hond weggewys

Ek was Saterdagaand so gewalg deur die optrede van 'n vrou by 'n veearts in Selection Park.

‘n Benoude dame het ingestorm met haar baba hondjie wat erg siek was.

Alhoewel ek nie baie seker is van die omstandighede nie, was die vrou agter die toonbank ongelooflik onbeskof en ongemanierd.

Sy het geweier om die dame te help sowel as haar wollerige hondekind.

Hierdie arme vrou het probeer verduidelik dat die uitstaande rekening nie haar rekening is nie, maar die onaangename vrou agter die toonbank het glad nie belanggestel om te luister nie.

Die hartseer vrou is weggewys en het ontvangs, met haar ‘stert tussen haar bene’, in trane verlaat, met geen bystand wat verleen is aan haar of haar klein hondjie nie.

Ek is seker as die veearts aan diens bewus was hiervan, sou hy die hondjie gehelp het.

So dalk, wat nodig is, is dat die vrouens wat daar werk, opleiding moet ontvang oor barmhartigheid en empatie.

Dalk sal hulle dan liefde vir die diere begin wys en minder omgee oor die vernedering van kliënte.

Lyk my, hier maak jou bankrekening meer saak.

Gewalgde eks-kliënt

Exit mobile version