Begraafplaas gebou word gesloop

Dit is hartseer om te dink dat die Ekurhuleni Metro nie sy inwoners se gevoelens in ag neem nie.

Laat Real Estate die gebou wat op die gronde staan afbreek, miskien kan daar dan nog ‘n paar grafte kom, maar los die begraafplaas uit.

Daar is vele ander plekke wat diensbaar kan wees.

Hoe wil julle die mense begrawe?

Jare lange tyd het verstrek, die kiste kan stukkend wees.

Ek het ‘n broer wat daar begrawe lê en sal dit nie goedkeur wat besig is om te gebeur nie.

Sy graf het ‘n steen op.

Vele ander Presidentia inwoners se mans en vrouens is daar begrawe met stene op die grafte en die grafte is uitgekoop.

Wie gaan die kostes dra van die uitgekoopte grafte en stene?

Dit is nie straat naamborde nie, ons werk hier met mense en hulle gevoelens.

Sover ek verstaan is daar ‘n wet wat stipuleer die grafte moet 100 jaar bestaan voordat dit van kant gemaak word.

Dit is nie hoe ‘n mens 2016 ingaan nie.

Petra Verwey

Themba Gadebe, die metro woordvoerder, antwoord:

Die Geduld begraafplaas is 109 jaar oud en het sy kapasitiet in die laat 90s bereik.

Die Ekurhuleni Metro gaan onder geen omstandighede die grafte sloop en grafstene verwyder nie.

Al die mense wat vooraf betaalde grafte het, sal nie hul besprekings verloor nie, maar kan die ongebruikte graf terug verkoop aan die metro.

Die metro gaan slegs die proses om beskadigde geboue te sloop begin.

Daar is geen alternatiewe planne vir die begraafplaas nie en dit sal ‘n begraafplaas bly.

Exit mobile version