George Sutter Park is ‘n trekpleister

Die 'duck pond' was weer prentjie mooi op nuwejaarsdag met baie gesinne wat daar kom piekniek hou het.

Die George Sutter Park in Davis Rylaan in Selection Park het soveel mense gehad wat die fasiliteite geniet het dat selfs die eende en ganse bederf is.

Dit is voorwaar ‘n besondere geleentheid om verby die park te ry en te sien hoe geniet almal die nuwe opgeknapte park.

Dink maar net aan al die woonstel inwoners, waarheen kan hulle gaan om ook ‘n vleisie op die kole te geniet, behalwe ‘n park.

Daar is in elk geval ‘n speelpark vir die kinders om hulself te geniet, terwyl hul ouers sorg vir die etes en koeldrank.

Selfs die volgende dag was daar weer heelwat besoekers wat die pragtige groen gras en oop ruimte geniet het.

Ons parke is altyd onooglik besaai met rommel terwyl die toerusting gebreek is of net nie goed onderhou is nie.

Maar te danke aan ‘n paar besigheidsmanne is dié park nou weer ‘n gewilde kuierplek vir gesinne en in ‘n uitmuntende kondisie.

Om die kinders se uitbundige lag, speel en baljaar te kon beleef is ‘n absolute wonder op sy eie.

Dit is tog vreemd dat soveel gesinne nie tyd het vir hulle kinders nie, terwyl ander gesinne wat sal gee om saam te kan ontspan in ‘n park.

Parke wat in stand gehou word is altyd ‘n prag vir die oog vir die inwoners van die dorp.

Weet nou nie of die besoekers opgeruim het nadat hulle piekniek gehou het nie, maar met al die vullisdromme beskikbaar, glo ek dit is beskaafde mense wat hulself geniet het en wat wel opgeruim het waar hulle gemors het.

Dankie ook aan Kathy Preston wat die plek altyd so netjies hou en die diere versorg.

Anna Patat

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version