BlogsOpinion

Die vakansiegogga wat byt

Met die eksamens wat amper tot 'n einde loop, is almal in rep en roer oor die lang Desember vakansie.

Reëlings is vroeër in die jaar reeds getref vir die vakansie bestemmings en die kinders sien veral uit na die speel en baljaar.

Kinders se vakansiegees verskil baie van grootmense s’n.

Kinders sien net die water, speletjies, lekker eet en maats wat hulle kan maak raak, terwyl grootmense dink aan die wegbreek van roetine en die moontlike rus wat gepaardgaan met die afskakel van werksdruk, telefone en besigheid.

Of dit nou by die see, ‘n vakansieoord of in die Bosveld is, elkeen wil die vakansie geniet.

Om in die regte gemoedstemming te kom, verg nie vreeslik dinkwerk of oorreedingswerk nie.

Toe ons nog kinders was en uitgesien het na die Desember vakansie by die see, het ons sterretjies op die groot kalender blokke geplak om die slapies af te tel.

Die aand voor die vertrek, het ma alreeds toebroodjies en lekkernye ingepak en die waterfles gereed gekry vir pa se koffie.

Die wonderlike herinneringe van langs die pad stop en gou ontbyt nuttig voor die pad te lank word is nog helder.

Vandag is daar soveel stop plekke waar brandstof ingegooi kan word terwyl ma en die kinders vinnig by eetplekke, gerieflik byderhand, hul honger magies kan vul.

Soms wonder ek net of dit nie nogsteeds net bydrae tot die gejaagdheid van die lewe nie, maar kom ons laat dit daar.

Wonder of daar nog mense is wat piekniekmandjies pak met lekkernye in en sommer net iewers langs die pad stop om die natuurskoon te bewonder?

Uit die oë van ‘n kind is die natuur nie noodwendig iets om te bewonder nie, maar dit is ‘n geweldige rustige atmosfeer wat geskep word vir die hele gesin.

Speel mense nog speletjies in die kar om die pad te verkort of hou elkeen hulself besig met die selfoon of iPad?

Dit laat my tog dink dat die gejaagdheid van die lewe ons elkeen vasgevang hou in ons eie wêreld met ons eie gedagtes.

Maar vakansiegees is nogsteeds die opwinding wat die meeste mense beetpak.

Kinders se uitbundigheid is aansteeklik en elke ouer wat al daardeur is kan hieroor getuig.

Oor elke bultjie vra die kinders, hoe ver nog, dan antwoord pa, net oor die bult is die see.

Ai tog, die opgewondenheid om die see te sien oor die ‘laaste bult’ bruis tot vandag toe nog in my.

My wens is dat elkeen vir wie die vakansiegees reeds beetgekry het, om elke oomblik te geniet en veilig te wees.

Kom goed uitgerus terug vir die nuwe jaar en al sy uitdagings.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button