LettersOpinion

Harte van goud

Hierdie brief is maar 'n druppel in die emmer van dankbaarheid.

Sedert my dogter, Christabelle Labuschagne (2) se dood, het soveel familie en vriende my bygestaan.

Maar advokaat Cornelia Harmse wat die saak vir my behartig het, en haar assistent Salome Scheepers, het besonder baie gedoen om my by te staan.

Al hul harde werk het nie ongesiens verby gegaan nie.

Veronica Banks, die ondersoekbeampte en Elmarie Pretorius, baie dankie vir alles wat julle gedoen het.

Almal was altyd eerlik met my en het al my vrae sonder huiwering beantwoord.

Die harde werk en opoffering deur die moeilike tyd word baie waardeer, om nie te praat van julle liefde en bystand nie.

Julle het almal harte van goud.

Madelein Labuschagne

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button