BlogsOpinion

Maniere is vandag nog geldig

Kinders wonder soms hoekom grootmense so groot bohaai opskop oor goeie maniere.

Maar as dit is eers aangeleer is en elke dag toegepas word, sal dit deel van jou wees vir die res van jou lewe.

Daar is egter meer agter goeie maniere as net hoe om met die regte mes en vurk te eet by ‘n formele ete of die manier hoe jou servet op jou skoot gevou is.

Ons voorouers het vier reĂ«ls gehad – sĂŞ asseblief en dankie, moenie jou elmboĂ« op die tafel sit nie en moenie met kos in jou mond praat nie.

Goeie maniere open deure wat die beste opvoeding nie kan nie dus is die leer daarvan baie belangrik.

Goeie maniere is ook hoe om mense gemaklik te laat voel in jou geselskap, goed te kommunikeer en om beleefd en dankbaar te wees.

Maniere moet natuurlik kom en nie net gebruik word om mense te beindruk nie.

Of jy nou oor die foon praat of betaal by ‘n teller, gee aandag aan die persoon met wie jy praat.

Die gesegde, maniere maak die man, is baie waar.

Maniere is die behoorlike en respekvolle gedrag teenoor die mense om jou.

Goeie maniere is jou manier om te wys jy waardeer of respekteer die mense wie jy ontmoet.

Dit is nie net ‘n aangename kennis of goed om jou weer te sien nie, dit is ‘n klein gebaar van vriendelikheid deur te lag vir die mense in jou geselskap se grappies al is dit nie snaaks nie. As jy goeie maniere het weerspieĂ«l jy goeie karakter eienskappe.

Deur iemand te help wat sukkel om oor die straat te loop of ‘n deur vir iemand oop te maak, skep ‘n gevoel van welwillendheid en goedheid.

Dit is ‘n klein gebaar, maar speel ‘n rol in hoe jy ander laat voel en dan ook later oor jouself voel.

Om kinders goeie maniere aan te leer gaan ‘n hewige bydra maak in hul volwasse lewe.

Ouers sal die vrugte pluk indien hulle hul kinders maniere leer soos hoe om met jou vriende te praat, hoe om op te tree teenoor ‘n meisie of kĂŞrel en selfs teenoor ‘n ouer persoon.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button