LettersOpinion

Die beste skool

Hierdie gedig word opgedra aan Laerskool Christiaan Beyers:

Om by Christiaan Beyers skool te gaan is ’n trots,

Ons leuse is standvastigheid soos ’n rots.

Meneer Roberts is ons hoof,

’n Man van waardigheid en geloof.

Ook is hier die beste personeel,

Wat hul wysheid en vaardigheid met die kinders deel.

Almal, word behandel met respek,

Dit laat geen rimpel of vlek.

Ons strewe na dinge daar bo,

Om reg te lewe en in die waarheid te glo.

Met skouer aan die wiel,

Gees, liggaam en siel.

Dankie vir hierdie skool,

Dit leer, vanaf voetsool

Tot op die hoogste vlak,

Sonder dat enige uitsak.

Geskryf deur Zacharias ‘Ys’ Buys.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button