Kreatiwiteit gaan oor meer as stokmannetjies teken

Kreatiwiteit kom van binne.

Dit is reeds deel van ons DNS wanneer ons gebore word.

Wat ons daarmee doen is ons besluit.

Sommige mense begrawe hule kreatiwiteit as gevolg van omstandighede terwyl ander dit net nog nie ontdek het nie.

Kreatiwiteit bevat vele fasette.

Daar is musikante, digters, kunstenaars, skilders, landskap ontwerpers en vele meer.

Daar’s selfs mense wat in hul werksplek met ontsaglike kreatiewe gedagtes na vore kom soos ’n nuwe besigheidsplan of die ontwerp van ’n webtuiste.

Dink maar aan verandering.

Dikwels wil mense nie aanpas by verandering nie omdat hulle dinge nog altyd só gedoen het.

As ons doelloos werk toe gaan sonder om veranderinge te oorweeg, is dit juis ’n teken dat die tyd van verandering gekom het.

So hoor ek iemand sê: “Breinlose roetine is die kanker van kreatiwiteit”.

As ons nie saam met die tyd verander nie, dink ons nie kreatief genoeg nie.

Wanneer ek vir my kunssinnige vriendin sê dat ek nie ’n kreatiewe haar op my kop het nie, het sy al telkemale vir my gesê dit is omdat ek nie kreatief dink nie.

Wow, het ek altyd gewonder, hoe wil sy hê ek moet kreatief dink as ek net ’n stokmannetjie kan teken?

Vandag besef ek egter wat sy bedoel het, want om kreatief te dink behels meer as net ’n stokmannetjie teken.

Liefde vir mense is ook ’n vorm van kreatiwiteit.

Mense wat ander help in nood is bewys van nog ’n kreatiewe gedagte wat posgevat het.

Wees innoverend, skep en vorm nuwe gedagtes en idees veral in jou werksplek.

Sommige mense dink lojaliteit gaan oor innovasie, hoe verkeerd is hulle nie!

Innovasie is ook vernuwing en met vernuwing kom kreatiwiteit.

Elke nuwe gedagte wat gevorm word is ’n kreatiwiteit wat ontwikkel.

Jaag jou drome na!

Moenie agteroor sit en dink jy sal vorder tot op die volgende vlak nie.

Ons almal het eers gekruip en toe geloop, so gaan dit ook in die lewe.

Met elke nuwe uitdaging kom ’n kruip en loop fase.

Dit self is ’n kreatiwiteit.

Moenie dinge altyd op dieselfde manier doen nie, raak innoverend en skep nuwe idees.

Maak ’n plan met daardie lang uitgestelde idees wat in jou kop rondmaal.

Ons elkeen het ’n kreatiewe streep in ons maak nie saak hoe gering nie, selfs die beste meester kok gebruik kreatiewe gedagtes.

Wees oorspronklik met jou idees al is dit hoe gering en al lyk dit hoe belaglik vir ander.

Wees trots op jou kreatiwiteit en moenie bedreig voel deur ander se opinies nie.

Elkeen is geskape met hul eie kreatiwiteit, gebruik joune en maak ’n daadwerklike verskil, nie net in jou lewe nie, maar ook in die samelewing.

Waardeer jou kreatiewe denke sodat jy jou taak met liefde en eerbied kan voltooi.

Connect with us:

Have a story? Send Anna Robertson an email on annar@caxton.co.za or contact her on 011 812 4820.

Like our Facebook page and follow us on Twitter as well as our journalists @SpringsJournOne and @SpringsJournTwo.

For news straight to your phone, invite us on BBM – 7EFABEF1 or join us on WhatsApp on 079 408 9334.

Exit mobile version