BlogsOpinion

Ons kan ’n verskil maak

Daar is diegene wat wonder waar alles gaan eindig en almal om hulle die skuld gee vir die wêreld se probleme.

Maar die vraag is, wat doen ek en jy om die wêreld ’n beter plek te maak?

Vir Mandela Dag is besighede gretig om vir 67 minute hul dienste te bied aan nie-winsgewende organisasies, maar watter verskil word elke jaar gemaak met die oorblywende 525 533 minute?

’n Welsynorganisasie het met ’n briljante idee vorendag gekom oor hoe besighede en die gemeenskap ’n verskil kan maak: i.p.v. slegs een keer per jaar vir 67 minute ’n verskil te maak, maak eerder ’n maandelikse bydrae van R67 aan ’n liefdadigheidsorganisasie.

Wanneer dit egter by geld uitgee kom, is ons geneig om ons beursies vinnig toe te klap, né.

Nietemin dink só daaraan: as 20 persone ’n bydrae van R67 per maand aan een organisasie skenk, is daardie organisasie maandeliks R1 340 beter daaraan toe. In jou geestesoog, dink na oor hoe hierdie totaal kan groei soos wat meer persone die maandelikse skenkings maak.

Die verskil wat hierdie bydraes kan maak aan die finansies van ’n organisasie is ongelooflik!

Hierdie idee kan ’n rippel effek regoor die wêreld bewerkstellig.

’n Ander organisasie se voorstel van ’n ‘buddy’-stelsel klink net so goed.

Sjoe, dink net hoe wonderlik dit sal wees as ’n paar vriendinne ’n organisasie kies wat hulle op ’n gereelde basis besoek! Hierdie organisasies sal die liefde en aandag baie waardeer.

Indien bogenoemde idees nie die wêreld vir ander ’n beter plek maak nie, dan wonder ek wat sal?

Volwassenes is daar om kinders te beskerm, maar ons draai ’n dowe oor op ander se nood omdat ons nie betrokke wil raak nie.

As elkeen van ons doen wat ons behoort te doen, sal dit ’n verskil in baie persone se lewe maak.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button