BlogsOpinion

Trane van blydskap

Hoe maklik stort ons trane, trane van blydskap, hartseer of sommer net omdat ons harte geraak word.

Om die blydskap op iemand se gesig te sien wanneer hulle lewe verander word, is iets wat my bewoë maak.

Vrydagaand sien ek ’n jong dame wat onbewustelik die grootste geskenk van haar lewe ontvang, ’n elektroniese rolstoel en die uitdrukking op haar gesig het boekdele gespreek.

Sy het in trane uitgebars, want dié rolstoel gaan inderdaad ’n groot verandering in haar lewe meebring.

Kort voor lank het selfs die geharde “bikers” ook ’n traan of twee weggevee.

Om iemand te sien swaarkry, laat ons soms twee keer dink voordat ons weer sal kla oor ons omstandighede.

Dié jong vrou is rolstoel gebonde as gevolg van serebrale verlamming.

Hoe hanteer ’n mens so ’n situasie, wonder ek terwyl ek na haar trane van vreugde kyk.

Dat ’n rolstoel soveel trane van vreugde kan besorg verstaan ons ‘gesonde’ mense nie aldag nie.

Ek dink gevolglik aan ouer mense wat hande vashou wanneer hulle in die parkie loop of inkopies doen.

’n Kosbare tog rare verskynsel in hierdie besige en deurmekaar wêreld van ons.

Bring dit trane in ons oë om hierdie rare verskynsel te sien, trane van blydskap en hoop dat ons ook net so lief vir ons wederhelfte sal wees op so ’n hoë ouderdom?

So het ek en my man Chris ook trane van blydskap gestort nadat ons verlede week gehoor het ons gaan nog ’n kleinkind ryker word.

Trane van blydskap gaan om meer as net die trane, dit gaan oor diepe opgewondenheid en emosie.

Dit noem ek sommer ‘gelukkige emosie’.

Ons het soveel om voor dankbaar te wees dat selfs ’n gebaar van goedhartigheid ons in trane kan laat uitbars.

Om te aanskou hoe iemand iets ontvang wat ons as vanselfsprekend aanvaar, is genoeg om enige geharde mens ’n traan te laat stort.

Dit is nie altyd aanvaarbaar vir die gemeenskap dat mans huil nie, maar glo my ek het al vele hard en bebaarde manne gesien huil van blydskap.

Ons is te geneig om te dink trane het net met hartseer te doen.

Dit is onvoorwaardelike omgee, naasteliefde, barmhartigheid en selfs vergewensgesindheid wat veroorsaak dat ons so maklik ’n traan van blydskap kan stort.

Blydskap en trane loop hand aan hand omdat ons so geskape is.

Dit is nie moeilik om te aanvaar dat iemand soos Nikita wat die rolstoel ontvang het, in trane uitbars nie, want sy is opreg dankbaar vir die wonderlike naasteliefde en omgee van mense.

Kom ons reik ons hande uit na dié wat minder bevoorreg is. Dalk sal dit ook ’n traan van blydskap of van dankbaarheid meebring.

Connect with us:

Have a story? Send Anna Robertson an email on annar@caxton.co.za or contact her on 011 812 4820.

Like our Facebook page and follow us on Twitter as well as our journalists @SpringsJournOne and @SpringsJournTwo.

For news straight to your phone, invite us on BBM – 7EFABEF1.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button