BlogsOpinion

Voetgangers vs motoriste

Dalk moet daar boetes vir ongehoorsame voetgangers vorendag kom.

Want wanneer hulle raak gery word, kry die motoris summier die skuld.

Maar wat gebeur as die voetganger padreëls verontagsaam en die pad oorsteek waar daar geen voetoorgang is nie?

Kan die motoris dan nogsteeds verantwoordelik gehou word?

Onlangs is daar ‘n jong meisie raak gery en van die koerant opskrifte het na die motoris verwys as ‘n ”padvark”.

Was hy inderdaad ‘n padvark, het hy die meisie aspris raak gery of het sy per ongeluk voor sy motor beland?

Haar beserings het almal in rep en roer gehad omdat sy vir ‘n rukkie bewusteloos was.

Almal het gewonder of haar hoofbeserings ernstige nagevolge gaan oorhou wat haar toekoms gaan beïnvloed.

Slegs die motoris en die kind weet wat werklik daar gebeur het.

Op al die paaie loop mense links en regs oor die pad, sonder om twee keer te dink aan die gevare of om te onthou wat die doel van ‘n voetgangerkruising is.

‘n Voetoorgang is ‘n bepaalde plek waar voetgangers die pad kan oorsteek.

Volgens die padreëls moet ‘n motoris wag vir ‘n voetganger om die pad te kruis voor hulle verder kan ry.

So ook mag geen voertuig ‘n stilstaande motoris by ‘n voetgangerkruising verbysteek nie.

Nou wonder ek maar net, as almal so voor jou inloop en jy ry daardie persoon raak, geld dieselfde reëls soos by ‘n voetgangerkruising?

Volgens my mening waag voetgangers baie en plaas hulle selfs hul lewens in gevaar.

Kan ongeduldigheid die oorsaak daarvan wees dat voetgangers al die paaie as reg van toegang beskou?

Is dit dalk eerder die feit dat die skole nie meer vandag pad-opvoeding aan kinders verduidleik nie?

As kind het ons laerskool ‘n baan tipies aan ‘n normale omstandighede, met robot, stop straat en baie ander pad tekens ingesluit gehad.

Dit was selfs geteer.

Daar het ons geleer hoe om paaie oor te steek, te weet wanneer om die pad te kruis met die kleur van die robot.

Die woorde van die liedjie wat ons geleer het kom by my op “…en as ek by die robot kom dan weet ek ek moet stop. Stop sê die rooi lig, ry sê die groen lig, maar, sê die geel lig, oppas wat jy doen.”

Dit is nou wel by die robot, maar geld die links, regs en weer links reël dan nie ooral waar Jan Publiek die pad kruis nie?

Voetgangers eien hulle die reg toe om ‘n pad oor te steek waar dit hulle pas.

Dalk moet die owerhede ‘n boetestelsel vir voetgangers oorweeg.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button