BlogsOpinion

Die lewe is kosbaar

Gryp die lewe aan.

Dit was niks lekker om te hoor dat twee van my getroue kontakpersone op ‘n toneel was waar ‘n geskietery plaasgevind het nie.

Dadelik kom daar ‘n klemming op my hart.

Alhoewel niemand raak geskiet is nie, besef ek weereens hoe kosbaar die lewe is.

Onlangs het ‘n pa van twee klein kindertjies tragies omgekom in ‘n motor ongeluk.

Hy sal hulle nooit sien groot word nie.

As ons aan ons polisie, Metro Polisie en veiligheidsbeamptes dink, dan kritiseer ons al te maklik.

Maar sal enige van ons plekke met hulle wil ruil? Ek glo nie.

Om in die “line of fire” te wees kan nie altyd maklik wees nie.

Hulle lewens in gedurig in gevaar.

Hoe kosbaar is die lewe dan skielik vir dié wie se geliefdes aan die dood afgestaan word.

Skielik word dit persoonlik, dan draai die wiel en kritiek vlieg by die deur uit.

Die rede waarom hierdie veiligheidslede hul beroep gekies het, is om hul gemeenskap te beskerm.

So tussen korrupsie en omkopery deur glo ek die meerderheid duld dit nie.

Wanneer hulle in ‘n krisis situasie beland, reageer elkeen anders.

Die een ou vertel my dis pure instink wat intree.

Hy sê hulle het een doel voor oë en dit is om die boosdoeners te vang en te arresteer.

Volgens hom tree die werklikheid eers na die tyd in.

Dit is dan wat die ”wat kon?” en ”wat as?” vrae begin.

Dat hy nie vir een oomblik aan homself gedink het nie, is voor die handliggend.

“Dis pure dankbaarheid aan ons hemelse Vader wat jou tydens ‘n geskietery beskerm,” sê hy.

Ek glo dat mense wat nie direk met hierdie mense in kontak is nie, nie sal weet waaruit hulle dae bestaan nie.

Dit is nou die mense wat niks beters het om te doen as om te kritiseer nie.

Tipies dink ek, en wonder hoe die kritisi sal reageer wanneer hulle lewens in gevaar is, of hulle gesinne aangeval word.

Maar ek glo elkeen tree anders op in ‘n krisis situasie en, alhoewel die veiligheidsmagte se optrede al so deel is van hul daaglikse roetine, sal hulle nogsteeds aan die veiligheid van ander dink.

So kan ons lewensdraadjie in ‘n oogwink kortgeknip word.

Die lewe is kosbaar en elke oomblik wat enigeen van ons in ‘n voertuig klim, trein ry of in die strate loop kan ons lewe in gevaar wees.

Ons is dankbaar dat daar niemand tydens die skietery gewond is nie, want selfs hulle lewens is kosbaar vir hulle familie en vriende.

Gryp die lewe aan en gebruik elke oomblik om jou naaste te dien en jou geliefdes te waardeer.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button