BlogsOpinion

In die sweet van jou aangesig

So sal ons ons brood verdien.

Ons almal het ‘n lewenstaak om te verrig, maak nie saak waar ons ons bevind nie.

Met elke taak wat ons aanpak gee ons ‘n tree nader aan die wenpaal.

Harde werk was nog altyd die moeite werd.

Die spreekwoord ‘in die sweet van jou aangesig sal jy jou brood verdien’, kan nie vir soetkoek opgeëet word nie.

Dit wil sê lui mense sal maar hulle sokkies moet optrek want die wêreld of die regering skuld hulle niks.

Sommige mense mag dink die regering skuld hulle iets om verskeie redes, maar om ‘n inkomste te verdien verg toewyding en harde werk.

As kind het ek geleer dat elke werk, maak nie saak of jy strate vee of kantore skoonmaak nie, eerbaar is.

Daarom moet ons ons dagtaak met trots en moed aandurf.

Met lojaliteit wat by die deur uit is, wonder ek soms of mense nog trots is op dit wat hulle doen.

Werksdruk word meer, tegnologie begin totaal en al oorneem, maar harde werk bly dieselfde.

Ons kan soveel opleiding kry as wat nodig is, op spanbou naweke gaan soveel soos ons wil, maar as ons nie van binne gemotiveer is nie, sal ons nie ons beste kan gee nie.

In ons kantoor is ‘n plakkat opgesit met die woorde “Choose your attitude”.

Dit laat my soms wonder of ons dink die maatskappy in wie se diens ons staan vir ons moet dankie sê vir die werk wat ons lewer.

So asof die werkgewer ons ‘n guns doen.

‘n Dankie vir ons harde werk is nie uitgesluit nie, maar ons moet nie vir een oomblik dink ons negatiewe houding sal lank uitgestaan word nie.

Lojaliteit begin ook maar binne elkeen van ons.

Baie maatskappye gee nie meer erkenning vir lang dienstydperke nie, wat ek glo jammer is, want dit motiveer die werkers tog in ‘n mate.

Goeie motivering kan wondere verrig.

Maar die werkgewer kan nie ons houdings vereer nie.

Staan ons nog op in die oggend met ‘n huppel in ons stap, sodat ons kwaliteit werk kan bied of is dit maar net nog ‘n dag wat ons aandurf?

Miskien moet ons almal selfondersoek doen, ja, selfs dié in hoër posisies.

As die passie daar is vir harde eerbare werk, sal ons die vrugte daarvan pluk.

In my leeftyd het ek al ‘n hele paar jongmense gesien kom en gaan.

Hulle gebruik kleiner maatskappye as ‘n platform om ervaring te verkry.

In die era waarin ek groot geword het, was dit swak om jou CV uit te stuur as daar ‘n hele klomp maatskappy as verwysingsraamwerk gebruik word.

Ons is geleer dat jy lojaal is teenoor die firma in wie se diens jy staan, want dan sal jy beloon word.

Wonder hoeveel werkers kan getuig van lang diens.

Maar lang diens beteken ook harde toewyding.

Ons mag dalk nie beloon word vir ons harde werk met meer as net ‘n salaris aan die einde van die maand nie, maar dit laat ons motiveer om net ons beste te gee in alles wat ons doen.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button