BlogsOpinion

Die krag van woorde

Tel jou woorde een vir een.

Dieselfde woorde wat ons graag uiter is soms die lat waarmee ons iemand mee slaan.

Ons gebruik dikwels die woorde “jy gaan nog jou woorde moet terugtrek’ sonder om te besef dit op ons ook van toepassing is.

Met ons woorde kan ons iemand aanmoedig, raad en selfvertroue gee, dus die regte woord op die regte tyd kan inderdaad lewensveranderd wees.

Woorde kan selfs ons gemoedstoestand onderdruk.

Miskien het dit tyd geword dat ons leer wat die krag van woorde is en ook besef ons kan kies wat ons sê.

Die wêreld is vol slegte nuus en elke nuusberig spel dit uit, juis daarom moet ons let op wat ons sê.

Ons hoef nie die werklikheid te ontken nie, maar ons kan die keuse maak oor waaroor ons wil praat.

Sommige mense dink net nie voor hul praat nie wat verrykende gevolge kan hê.

Miskien is dit juis waar mense hul swak selfbeeld vandaan kry want wat ons hoor glo ons.

Dink maar aan die onderwyser wat op skool vir jou gese het jy sal nooit somme kan doen nie of Engels kan praat nie.

Die saad is gesaai en onbewustelik het ons dit begin glo en ja werklik daar is vandag nog mense wat dit glo.

Een ding is seker en dit is as ons negatief praat kan ons onsself seermaak, waar positiewe woorde die teenoorgestelde uitwerking het.

Onlangs het ek ‘n boek gelees waar die ‘n voorbeeld van die krag van woorde gebruik is.

‘n Spreker was besig om die krag van positiewe denke en van woorde te verduidelik.

Iemand in die gehoor het gesê dit beteken nie as mens sê goeie geluk, sal dit jou sal laat beter voel nie.

Ook nie om ‘ongeluk’ te sê, sal ons ook nie slegter sal laat voel nie, want dis net woorde en in sigself het hulle geen krag nie.

Die spreker het geantwoord: “Bly stil, jou idioot…”

Die persoon was verstom en die spreker het verduidelik dat sy vier woorde wel krag gehad het.

Hoe dikwels het ons nie al die Bybelse gesegde ‘wat jy saai sal jy maai’ gehoor maar pas dit nie toe in ons eie lewe nie.

As ons slegte dinge kwytraak dan wonder ons hoekom dinge ons lewens nie altyd in plek val nie.

Ons oes immers die spreekwoordelike oes van die gesaaide woorde.

Mooi woorde kan ‘n glimlag op die ander persoon se gesig bring.

Deur harder te probeer om ons tonge in toom te hou, sal ons dalk meer glimlagte as trane.

Dalk sal meer goeie saad (woorde) by ons monde uitkom wat die ‘goeie’ oes ook vir ons die moeite werd maak.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button