Ek is moeg vir die vullishoop

Wat het van hierdie spogdorp geword?

Ons bly in die woonstelle oorkant Butlerpark en vandag wil ek regtig kla.

Die park is een groot vullishoop.

Die park is vol asblikke, maar die rommel lê die hele park vol.

Almal wat daar sit en eet los alles net so.

Die karre in die parkering stop daar en gooi hul papiere en blikke uit die karre en los dit net daar.

Sies man, wat het van mense se trots geword?

En dis nie net die parkie nie.

Die hele Springs is besig om een groot vullishoop te word.

Ek is al te skaam om te sê ek bly in Springs.

Wat het van die spogdorp geword?

Kom aan mense, werk net bietjie saam asseblief.

Dis tog nie soveel moeite om net jou kar se vuilgoed by die huis te gaan weggooi nie en as jy in die parkie eet, loop to maar die paar tree na die asblik toe.

Ek belowe jou, jy sal regtig nie doodgaan van uitputting nie.

Henning Burr-Dixon.

Exit mobile version