BlogsOpinion

Dis Kersfees, dis Kersfees…

Die feesseisoen bring sy eie opgewondenheid.

Die Kersbome is al opgesit en volgens sommiges se tradisie, al op 1 Desember.

Die aande bring ‘n betowering van sy eie met die pragtige ligte waarmee sommige huise versier is.

Kersfees is ‘n tyd van vrede en liefde en dit maak alles deel van die opgewondenheid wat daarmee gepaard gaan.

Sommige van die pragtige versierde huiseienaars maak hul hekke oop vir die publiek om die versierings te geniet.

Dit bring glimlagte op almal se gesigte en ‘n onbeskryflike vreugde om die betowering te ervaar wat die liggies bring.

Ander kan nie wag dat die skole sluit, om die karre of karavane te pak om op vakansie te gaan nie.

Selfs die langpad na die vakansie bestemming is belaai met opgewondeheid.

Kinders se vreugde gedurende Kersfees is ‘n voorbeeld wat menige van ons kan volg.

Hou bietjie die kinders dop wanneer hulle ‘n geskenk ontvang, hulle is uitbundig as hulle die pakkies oopmaak.

Die gesiggies wat ophelder en die vrolikheid is iets om te aanskou.

Grootmense kan so baie leer by kinders wat nog glo nog in Kersvader.

Aan diĂ© wat dink kinders behoort die waarheid van Kersfees te weet wil ek net sĂŞ sommige kinders weet wel daar is nie ‘n Kersvader nie, maar word nogsteeds opgewonde as pappa of oupa hul Kersvader pakke aantrek.

Selfs dié wat met Jan Tuisbly se karretjie ry kan hope pret hê by die huis.

In my jonger dae het die jeug van huis tot huis gegaan om Kersliedere te sing die aand voor Kersfees.

Ons het geloop en selfs gery om spesifiek vir eensame bejaardes en minder bevoorregte gesinne te sing.

Hulle smag ook na ‘n vriendelike gebaar van liefde op Kersdag.

Aan al die barmhartige Samaritane wat hierdie kinders, gesinne en bejaardes se dae opgehelder het met ‘n vooraf Kersete en geskenk, seĂ«n aan julle almal.

Kersfees is ook ‘n tyd van baie eet en families oortref hulle self.

Dit is versnapperinge tussen in, hoofgeregte wat afgerond word met nagereg.

Ons familie kan gewoonlik nie wag vir skoonma Lettie Robertson se koekstruif (trifle).

Sy gooi nogsteeds geld daarin, ‘n R2 muntstuk, wat groot ogpewondenheid veroorsaak tot tussen die grootmense.

Hierdie Kersfees sal sommige gesinnne dalk eerder hul “pennies’ twee keer omgedraai en vermy om te veel kos te maak.

Die gedagte aan finansies laat vele gesinne eerder dink aan ‘n braai of minder slaaie en koue vleis.

Maar of daar nou minder kos gaan wees, Kersdag gaan almal ontspan en vergeet van die jaar se slegte gebeure, van die petrol prys en die wisselkoers.

Want Kersfees is ‘n tyd van vrede en liefde.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button