LettersOpinion

Dankie is ‘n groot woord

Ek kan nie beskryf hoe ek oor die sukses van die afgelope Bakgatfees voel nie.

Om so baie onselfsugtige mense op een perseel bymekaar te kan hĂȘ, is net te wonderlik vir woorde.

Elke sanger wat by die fees opgetree het, het dit ook nog gratis en verniet gedoen.Aan Werner Rossler, Sunette Bridges, Neen, Martie, Charlene, Mixali, die Fame musiekskool asook die dansers van Visions Dance Academy, baie dankie vir jul optredes wat van hierdie fees ‘n sukses gemaak het.

Ek wil voorts ook dankie sĂȘ aan ons borge vir die verhoog, die Springs/Brakpan Kankerondersteuningsgroep, Marius Venter en Koekie Kroon van die kroeg waar die fees plaasgevind het.

Dankie ook aan die bestuur van Springs Vliegveld vir die beskikbaar stel van hul perseel.

Dankie aan elke persoon wat ‘n stalletjie daar gehad het asook die aan beoordeelaars van die lekker geregte wat die potjiekoskompetisie opgelewer het.

Vir Casseldale se gemeenskapspolisie sektor forum wat van hul lede beskikbaar gestel het om te verseker het dat ons geen misdaad op hierdie dag beleef het nie.

Dankie aan Danie Keyser en sy mediesespan wat beskikbaar was, sou ons enige mediesehulp benodig het.

Ons is dankbaar dat ons geen voorvalle tydens ons fees gehad het nie.

Ek wil verder vir Wynand Pretorius en sy span bedank wat vir ons die verhoog gebou het.

Rina Pretorius vir al jou harde werk om te verseker dat hierdie fees weer eens ‘n sukses was, baie dankie, ek weet dit was nie altyd maklik nie.

Vir Suzette Bartlette wil ek net dankie sĂȘ vir al jou hulp.

Aan al die mense wat skenkings gegee het vir die gelukkige trekkings, ons is dankbaar daarvoor.

Dankie aan Barries Barnard van Hi5Kids en Andries Ferreira van Mad Rage Against Child Abuse dat julle die dag teenwoordig was om mense bewus te maak van kindermishandeling.

‘n Spesiale dank aan al die feesgangers, ek glo dat julle al die vertonings geniet het asook die lekker kos en dat julle mooi goedjies by die stalletjies kon kry.

Vir my gesin wil ek net bedank dat julle altyd daar is vir my, en my ondersteun het deur alles heen.

Volgende jaar maak ons weer so op 31 Oktober en hoop om nog beter en nog groter te gaan.

Hoe sĂȘ ‘n mens dankie, dit is tog net ‘n woord.

Liezl Oosthuizen,
Dal Fouche Gemeenskapsassosiasie.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button