Wat van die kinders?

Daar word niks oor die trauma en leed wat die kinders moes deurmaak genoem

Daar word gevra dat die gemeenskap meegevoel en empatie moet toon vir die ” monster” se vrou maar  daar word nagelaat om enigsins die trauma en leed wat die kinders moes deurmaak te noem.
Daar word beweer dat sy “ongeletterd” is en dat sy slegs Standerd 8 gslaag het.
My vraag is hoe kan sy dit voorhou aangesien sy so ver gevorder het op skool.
Sy is geletterd genoeg gewees om te trou en kinders te kon baar en in samewerking met haar man hulle kinders se lewens te kon vernietig.
Op enige stadium moes haar man gaan slaap het of homself bewusteloos gesuip het, hoekom het sy nie toe die polisie gekontak nie.
As ek ‘n vrou was sou hy in elk geval glad nie wakker geword na so ‘ n ernstige aanranding op my en my kinders nie.
Albert van Wyk, Casseldale.

 

Exit mobile version