Sassa wek kommer

Pensioen-trekkers is bekommerd oor hulle pin nommer

Ek het die telefoon nommer wat gegee word in die artikel “Sassa moves forward” (Advertiser, 24 April) geskakel.

Die nommer 0860 690 717 het ‘n antwoord masjien en stem wat die volgende inligting vra: Jou Sassa-kaart nommer, identitietsnommer, volle naam en van, volledige adres en jou pin-nommer.

Ek het die navraag nommer 0800 601 011 geskakel en met Tiego gepraat en hom gevra of die pin-nommer wat hulle aanvra, die viersyfer nommer is waarmee jy jou pensioen trek by die betaalpunte.

Hy het bevestigend geantwoord.

Ons as pensioen-trekkers wil graag weet hoe dit moontlik is dat ons ons viersyfer pinnommer sommer oor band en oor die telefoon kan uitbasuin.

Dit is jou persoonlike nommer en alleenlik mense wat magtiging het om jou pensioen te trek is geregtig om die nommer te ken.

Dit is mos nou maklik om met al die inligting wat jy verskaf, vals kaarte te maak en enige persoon wat die inligting van jou pin het, kan jou pensioen trek.

Elke maand, volgens Tiego, moet jy inskakel en al die besonderhede gee, anders kry jy nie jou pensioen nie.

Wat van mense wat op verafgeleë plekke woon en wat 10 teen een nie eers ‘n foon het nie?

Kan Sassa mense asseblief meer spesifiek wees met inligting aangaande die pin-nommers?

Ons pensioenarisse is bekommerd oor dit.

Bekommerde pensioen-trekker.

Exit mobile version