Plaaslike akteurs te sien in My boetie se sussie se ou

Twee akteurs van Springs is gekies vir Lefra Produksies se splinternuwe 'My boeite se sussie se ou'.

Twee talentvolle akteurs van Springs is in die rolverdeling van Lefra Produksies se splinternuwe produksie, My boeite se sussie se ou, wat verlede week by die Roodepoort Teater geopen het.

Die 34-jarige Phillru van Achterbergh en sy mede akteur Nikita Meyer (19) het beide twee groot rolle in dié produksie los geslaan.

Phillru vertolk die rol van John Smith en Nikita vertolk die rol van Vicky Smith. Nikita woon al haar hele lewe lank hier in Springs.

Sy het verlede jaar aan die Hoërskool Hugenote matrikuleer en studeer tans haar BCom graad aan die Akademia Universiteit in Pretoria.

“Ek was baie verbaas toe ek die rol van Vicky in hierdie produksie kry, want ek moes saam met ‘n hele klomp ander aktrises oudisies doen,” het Nikita vertel.

“Ek moet sê ek het ongelooflik baie geleer van professionele teater en veral die klug genre, wat ‘n baie moeilike genre is.”

Nikita was op skool deel van die toneelgroep maar sê dat hulle maande gehad het om te repeteer en dat dit nou nie meer die geval is nie. Hierdie groep het slegs twee weke gehad om te repeteer en te verseker dat die produksie seep glad verloop.

Volgens Nikita was dit vir haar uitdagend om die repetisies en haar universiteitklasse te balanseer.

“Ons regisseur, Frans Swart is nogal kwaai as almal nie by die repetisies is nie, want almal is omtrent die hele tyd op die verhoog,” sê sy.


Phillru van Achterberg in aksie.

Phillru het aan Hoërskool Hugenote gematrikuleer en het daarna Drama aan die Tswane Universiteit van Tegnologie studeer waar hy ook aangewys is as die beste drama student.

Phillru het vroeg reeds sy tande geslyp in die genre-klug toe hy vroeër in My oom se lyk se tas gespeel het.
Hy was ook al op die kassie te sien in Generations, Isidingo en Binnelanders.

Voorheen het hy in produksies soos Fiela se kind en Liewe Heksie gespeel. Hy het ook al die land plat gereis met Groet die Grotman 2 se produksie.

“My rol van van John Smith in My boetie se sussie se ou is ‘n baie lekker rol. Dit is ook baie uitdagend omdat daar maar ‘n kinkel in die kabel is,” verklap hy.


LEES OOK: Springs resident wins luxury bed in word search competition


Beide hierdie talentvolle akteurs is baie passievol oor Springs. Volgens Nikita lê Springs se wortels baie diep en dat dit vir haar soveel meer as net ‘n dorp is.

“Springs is deel van wie ek is en die mense het ‘n groot invloed op wie en wat ek uiteindelik geword het.”

Phillru sê weer dat Springs vir hom soos die platteland in die stad is.

“Dit is waar ek my wortels gegooi het en dit is ‘n dorp met groot potensiaal en wat vir my uitstaan is die wonderlike gemeenskap wat ons hier vind. Ons is een van die min stede in die land wat kan spog met ons eie stadsteater.”


‘My boetie se sussie se ou’ is van 16 tot 20 Oktober by Emperors Palace se Theatre of Marcellus te sien.
Foto’s: Rina Coetzee.

My boetie se sussie se ou is te sien by Emperors Palace se Theatre of Marcellus van 16 tot 20 Oktober.

Besprekings kan gedoen word by www.LTickets.co.za of www.myboetie.co.za.

Tien gratis kaartjies kan deur vyf Advertiser lesers gewen word.

SMS: Addie, jou naam, van, epos en dorp na 37338 en staan ‘n kans om te wen. SMS’e kos R1,50 elk en daar is geen beperking op die hoeveelheid SMS’e wat jy stuur nie.



LEES OOK: SheReigns NPO empowers Kwa-Thema girls with support and guidance

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.
Exit mobile version