VLU-lede geniet heerlike saamkuier

Die VLU dames het vandeesmaand 'n propvol program geniet.

Die Springs-tak van die VLU het Woensdag vergader waartydens twee spesiale gaste die lede toegespreek het.

Nadat die voorsitter, Louise Fourie belangrike datums en die formele verrigtinge afgehandel het, is Joyce Enslin aan die woord gestel. Sy het oor die alombekende Nataniël gesels en ‘n interessante voorlesing uit sy boek, Dik Dun gedoen.

Na afloop van Joyce se voorlesing is die volgende gas, Wilna Evans aan die woord gestel. Wilna het ‘n passie vir blommerangskikking en kon nie wag om die lede meer daarvan te vertel nie.


Die voorsitter van die VLU Louise Fourie het die vergadering gelei.

“Die sleutel tot ‘n mooi rangskikking is liefde. Solank daar liefde betrokke is, kan jou rangskikking nie `flop’ nie,” het sy gesê.

Sy het die vroue meer van die gebruik van verskillende teksture geleer wanneer dit by blare kom en hulle talle wenke gegee vir wanneer hulle dit self wil probeer.

Na afloop van hulle propvol program het die almal ‘n heerlike middagete geniet en lekker saam gekuier.




LEES OOK: Solidariteit Helpende Hand deel kos uit

LEES OOK: Hidden historical gems amidst coal excavation near Alexander Dam

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.
Exit mobile version