Projek sal fokus op minderbevoorregte kinders

Daar word ook ‘n Kerfees viering met kos en geskenke vir die kinders beplan.

Project Lifeline is ‘n transformerende inisiatief wat deur die nie-winsgewende maatskappy, 3G Warriors ontwerp is om noodsaaklike ondersteuning aan talle kwesbare kinders van die dorp te bied.

Die hooffokus van hierdie projek sal die minderbevoorregte kinders in plaaslike skole wees.

“Ons wil die bose kringloop van armoede in huishoudings verbreek en ‘n toekoms vir ons kinders en hul ouers, verseker,” het Niel Smit, die projekbestuurder gesê.

Elke skool in die dorp beskik oor minderbevoorregte kinders vir wie daar by die skool kos gegee word, omdat hulle dit nie noodwendig by die huis kry nie.

3G Warriors gaan op dié kinders fokus en hulle bystaan en uiteindelik probeer om ‘n einde aan hulle swaarkry te sit.


LEES OOK: Bekende Springs inwoner se afsterwe laat ‘n groot leemte


Om ‘n sukses van die projek te maak, moedig Niel besighede van die dorp aan om betrokke te raak.

Die projek fokus daarop om die minderbevoorregte kinders, sowel as hulle ouers positief te beïnvloed en sodoende die bose kringloop van armoede te stuit.

Niel moedig besigheidseienaars aan om minstens een minderbevoorregte kind onder hul vlerk te neem en maandeliks finansieël by te dra tot dié kind se basiese behoeftes, soos kos en toiletware.

Daar word ook ‘n Kerfeesviering met kos en geskenke vir die kinders beplan. Dié feesviering sal egter eers later vanjaar plaasvind.

Die laaste en waarskynlik belangrikste punt van hierdie projek is waar die 3G Warrior-span, die ouers van hierdie kinders betrek en ophef.


LEES OOK: Ginger Golfers tee off at Pollak Park despite windy conditions


Die ouers se CV’s word opdateer of indien hulle nie oor een beskik nie, word hulle daarmee bygestaan.

Elke kind se ouer sal opleiding ontvang en uiteindelik die geleentheid kry om ‘n salaris te verdien deur by een van die besighede, wat deel van die projek is, aan te sluit.

Die ideale uitkoms van dié projek is om die minderbevoorregte kinders se ouers te help om ‘n beter toekoms vir hulle en hul kinders te skep.

“Deur die samewerking van deernisvolle skenkers, besighede en gemeenskapsleiers poog ons om in die onmiddellike behoeftes van hierdie kinders te voorsien terwyl ons ‘n grondslag bou vir langtermyn bemagtiging en sukses,” het Niel gesê.

Niel en sy span se visie is om Springs op te hef. Enige besigheid of persoon wat by die inisiatief betrokke wil raak, kan vir Niel by 074 680 6596 kontak.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version