Local newsNews

Riool lekkasie in Strubenvale strek oor jare

Die rioolprobleme in Strubenvale Uitbreiding is 'n kopseer vir byna 'n dekade.

Riool lekkasies in die dorp is ‘n kommerwekkende kwessie wat aansienlike gesondheids- en omgewingsrisiko’s inhou.

Die inwoners van Strubenvale Uitbreiding raak al hoe meer gefrustreerd met die rioolprobleme wat diĆ© gebied vir byna ‘n dekade lank al teister.

Die riool wat net voor die woongebied se brug voorkom, skep nie net onaangename reuke nie, maar kan ook tot ernstige gesondheidsprobleme lei.

Swaar reƫnval het al voorheen daartoe gelei dat die brug oorstroom wat die pad vol riool laat en gevaarlike toestande vir voetgangers en motoriste skep.


LEES OOK: Keep your guard up when entertaining outdoors


Boonop is ‘n groot stuk van die veld aan die kant van die pad heeltemal onder rioolwater, wat ‘n onaangename stank veroorsaak.

Die Springs Advertiser het vier jaar gelede ook oor hierdie probleem berig en dit blyk of daar steeds geen poging aangewend is om die rioolprobleem op te los nie.

Kommentaar was van die Stad Ekurhuleni versoek maar teen druktyd was nog geen kommentaar rakende diƩ probleem ontvang nie.


LEES OOK: Springs Muslim School visits local orphanage


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button