Local newsNews

Só kan jy jou kant bring vir renosterbewaring

Springs vier renosters in November.

Inwoners en besighede van die dorp word uitgenooi om op 2 November deel te neem aan ‘n dag van pret, spanwerk en avontuur – alles vir ‘n goeie doel.

Die fokuspunt vir dié dag sal val op die beskerming van renosters in Limpopo.

Dié renosters is die trots en vreugde van die bekende D’Arrigo-familie en in samewerking met Insimbi Legacy Projects, word ‘n eenmalige geleentheid, Our Amazing Race, na Springs bring.

Diegene wat deelneem, kan as spanne van twee of vier registreer vir ‘n aksiebelaaide avontuur.

Die spanne sal verskeie uitdagings aanpak, insluitend:

• Stop ‘n Go
• Geocaching
• Versamelstukke
• ‘n Ontsnap kamer
• ‘n Foto-uitdaging
• Safari speletjies.

Die inskrywingsfooi is R600 vir ‘n span van twee en R1 000 vir ‘n span van vier. Die tema is ‘Out of Africa’ en pryse sal toegeken word aan die bes geklede span en die span wat onder andere die beste spangees toon.

Daar is beperkte plek en spanne word versoek om gou te registreer om hul plek te verseker. Alle opbrengste van die geleentheid gaan vir renosterbewaring.

Our Amazing Race word vanaf 11:00 op 2 November by die Springs Mall gehou. Vir meer inligting, skakel vir Sharon Jansen van Rensburg by 083 626 6528 of Carmela D’Arrigo by 083 448 5820.



ALSO READ: Robbers injure 52-year-old homeowner

ALSO READ: Fish rescue at Jack Ellis Park saves 1 500 fish

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button