Geen keer aan VLU lede se kreatiwiteit

Vandeesmaand het die vroue meer van Tjhoko verf geleer.

Die VLU Springs-tak se maandelikse vergadering het Woensdagmiddag die lede se kreatiwiteit op die proef gestel.

Die voorsitter, Louise Fourie het die vergadering gelei en het die gasspreker, Carin Maree aan die woord gestel nadat die formaliteite afgehandel is.

Carin het die lede meer van Tjhoko verf geleer en ‘n aanbieding daaroor gelewer. Elke lid het ‘n klein potplant ontvang wat hulle kon verf en verfraai.

Die kreatiwiteit het behoorlik gevloei en pragtige klein potjies is geskep. Die VLU vergader die tweede Woensdag van elke maand.

Enigeen wat belangstel om by die groep dinamiese vroue aan te sluit, kan Louise by 083 268 8570 kontak.




ALSO READ: Mej Springs het groot planne

ALSO READ: Nuutverkose GPF voorsitter gereed om ‘n verskil te maak

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version