Local newsNews

Onsigbare padmerke hou gevaar in vir motoriste

AfriForum Springs het besluit om reg in eie hande te neem en self die paaie van ons dorp oor te verf.

Padmerke in die dorp is jare laas oorgeverf en motoriste moet daagliks dowwe lyne en ongeverfde paaie aan durf.

Op verskeie plekke in die dorp is padmerke by stoptekens, voetoorgange en spoedhobbels skaars sigbaar.

Hierdie slegte padmerke kan motoriste aansienlik beïnvloed en die risiko van ongelukke verhoog. ‘n Spoedhobbel sonder strepe is moeilik om te sien en kan groot skade aan voertuie aanrig wanneer dit teen ‘n hoë spoed getref word.

‘n Voetgangerkruising, wat veronderstel is om voetgangers te beskerm, stel hulle in gevaar as die kenmerkende sebra-strepe nie sigbaar is nie.


Die spoedbobbels in Largoweg is skaars sigbaar weens die afwesigheid van padmerke.

Waar stoptekens deur bome weggesteek word of deur diewe gesteel word, moet motoriste noodgewonge op die geverfde padtekens staatmaak.

As dié self ook moeilik sigbaar is kan motoriste, wat nie met die area bekend is nie, oor die stop straat ry wat na ‘n ongeluk kan lei.

Catrien Coltman bly al vir meer as vyf dekades in die huis op die hoek van Hansomweg en Athlonelaan, en sy sien gereeld hoe mense oor die stopstraat, waarvan die padmerke skaars sigbaar is, jaag en mekaar gereeld naelskraaps mis.

Vervaagde lyne kan selfs lei tot gevaarlike baan verwisseling.


LEES OOK: Nuutverkose GPF voorsitter gereed om ‘n verskil te maak


Hierdie verwarring kan verkeersvloei ontwrig en algehele veiligheid verminder, veral in swak lig of slegte weerstoestande.

Gereelde instandhouding van padmerke is van kardinale belang om duidelike leiding te verseker en risiko’s van motorongelukke te minimaliseer.

AfriForum Springs het besluit om reg in eie hande te neem en self die paaie van Springs oor te verf. Besighede wat by dié inisiatief betrokke wil raak of ‘n bydrae wil lewer, kan vir Petro Kirton by 066 202 9527 kontak.

Die Ekuruleni metro is vir kommentaar gevra aangaande die plan om padmerke oor te verf, maar teen druktyd is daar nog geen kommentaar ontvang nie.



LEES OOK: Devastating fire claims life during raid on Daggafontein illegal miners

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button