Jannies slimkoppe kan somme maak

Die leerders het vanjaar hulle skool goed by die Wiskunde Olimpiade verteenwoordig.

Laerskool Jan van Riebeeck se leerders het onlangs aan die Distrik Gauteng Oos se Wiskunde Olimpiade deelgeneem.

Janco Botha het derde geëindig in die hoofrekene afdeling terwyl Demicke Jansen van Vuuren ‘n eerste plek behaal het in dié afdeling asook eerste plek in die getalbegrip afdeling.

Megan Koekemoer het ‘n tweede plek in die Distrik se Wiskunde Olimpiade behaal en Christiaan Troskie het derde geëindig.

Exit mobile version