Local newsNews

Michelle vind vreudge in haar werk

Michelle is al vir meer as twee dekades by Vita Nova betrokke.

Terwyl ons Vrouemaand gedurende Augustusmaand vier is dit gepas om die vroue te vereer wat ‘n impak op ons gemeenskap maak.

Onder hierdie vroue is daar ‘n merkwaardige vrou, Michelle Immelman, wat as Vita Nova se direkteur dien en onverpoos werk om te verseker dat die inwoners van dié sentrum ‘n hoë lewensgehalte geniet.

Haar toewyding om ‘n beter toekoms vir haar medemens te skep, inspireer daagliks diegene rondom haar.

Die Springs Advertiser het met Michelle gesels om uit te vind hoe sy al die balle in die lug hou. Die 62-jarige inwoner van Strubenvale het aanvanklik in 1998 by die Vita Nova Sentrum begin werk as boekhouer.

Haar onbaatsugtige werk en toewyding het gou gesorg dat sy as direkteur van dié sentrum aangestel is.

As direkteur moet sy die sentrum bestuur, personeel in diens neem, maandelikse salarisse betaal en sorg dat alles seepglad verloop.


LEES OOK: Gautrain is coming to Springs


“Dit is baie harde werk en kan ook baie emosioneel wees. Ek is altyd op roep maar om te sien hoe gelukkig en gesond die inwoners is en die vreugde wat ons in hul lewens bring, maak alles die moeite werd,” vertel sy.

Die Vita Nova Sentrum huisves tans 111 mense van die ouderdom van drie jaar tot hulle oudste inwoner wat 82 jaar oud is. Michelle erken sy het ‘n baie sagte plekkie vir die kinders.

“Hulle noem my ‘ma’ en al wat hulle soek is net liefde en aandag.”

Volgens haar is die sentrum se grootste uitdaging fondse en dat staatsdepartemente hulle in die steek laat, wat hulle forseer om op skenkings staat te maak.

Michelle gaan daagliks uit haar pad om vir die inwoners te gee wat hulle harte begeer en sê dat geloof ‘n groot rol in haar beroep speel.


LEES OOK: VLU voorsitter het al drie dekades van toewyding gegee


“Hier kan jy die liefde van die Here sien en ons kan dit nie sonder Hom doen nie. Hy gee ons genoeg om elke maand deur te kom,” sê sy.

Michelle se passie om behoeftige mense te help hou nooit op groei nie en sy erken dat sy nog geen aftree planne het nie.

Die sentrum het haar oor die jare liefde, geduld en vriendelikheid geleer.

“Hier lag ons baie want as jy nie lag nie dan gaan dinge jou begin onderkry.”

Enigeen wat ‘n bydrae tot die Vita Nova Sentrum wil maak kontak Michelle by 082 372 8139.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button