News

Springs kou harde klippe teen Brakpan op die rugbyveld

Die wedstryde met die eerste, tweede en o21 spanne in aksie was op die Olimpia Park gronde beslis.

Springs Rugbyklub het Saterdag teen Brakpan in die Valke Peregine Liga uitgedraf. Die wedstryde met die eerste, tweede en o21 spanne in aksie was op die Olimpia Park gronde beslis.

Springs se eerste span moes met 46-22 die aftog blaas. Die spelers het hard probeer maar op die dag was Brakpan net te sterk vir hulle.

Springs se verdediging was nie op standaard nie en het toegelaat dat Brakpan ‘n paar bresse kon slaan wat in punte omskep was.

By Springs se eerste span was die punte aangeteken deur C-Jay Strauss wat twee drieë gedruk het en André Smith wat ook ‘n drie gedruk het. André Smith het twee doelskope en ‘n strafskop oorgeskop.


LEES OOK: Good samaritan starts food initiative


Die tweede span het hulle wedstryd 38-15 teen Brakpan verloor.

Teen halftyd het Springs ‘n noue voorsprong gehad met 15-14 maar in die tweede helfte het Brakpan amok gemaak en 24 punte aangeteken teen geen punte van Springs nie.

Springs o21was op hulle beurt aan die wenkant teen Brakpan se o21s. Die eindtelling was Springs 28 – Brakpan 24.

Die liga wedstryde staan einde se kant toe met die halfeindronde wedstryde wat binnekort gespeel gaan word.
Springs se eerste span speel op 24 Augustus hulle halfeindstryd teen Brakpan.



LEES OOK: Booyse (Vernon Koekemoer) will be missed

Related Articles

Back to top button