VLU-lede span hamers in vir drukwerk

Die Carpe Diem-tak vergader elke tweede Woensdag van die maand om 14:00.

Die Springs-tak van die Vroue Landbou-unie het onlangs hul maandelikse vergadering gehou waartydens die lede onder meer ‘n interessante demonstrasie oor die gebruik van ‘n hammer en plante kon geniet.

Die gasspreker, Elaine Potgieter het gedemonstreer hoe om hammer drukwerk met blomme toe te pas.

Volgens Elaine maak gekapte blomme en blare die mooiste verjaarsdagkaartjie of selfs tafeldoeke.

Die VLU lede was gretig om te leer en kon nie wag om met hul eie skeppings vorendag te kom nie.

Na afloop van die maak van die drukwerk het die dames saam gekuier en ‘n heerlike middagete geniet.

Die Carpe Diem-tak vergader elke tweede Woensdag van die maand om 14:00. Belangstellendes kan die voorsitter Louise Fourie vir meer inligting by 083 268 8570 kontak.


LEES OOK: Fietsryers aangeval, beroof




LEES OOK: Springs is proud of you Nabeel

Exit mobile version