Operasie hou bekende in hospitaal

‘n Bekende in die dorp sterk tans in die hospitaal aan na ‘n onlangse operasie wat hy moes ondergaan.

‘n Bekende in die dorp sterk tans in die hospitaal aan na ‘n onlangse operasie wat hy moes ondergaan.

Charl Senekal (47) het geen bekenstelling nodig nie en is ‘n bekende agter die skerms van verskeie produksies regoor die land.

Hy is al vir 20 jaar deel van die span by Lefra Produksies waar hy die skoene as bedryfsbestuuder volstaan.

“Ek dink nie daar is ‘n kunstenaar in die land wat nog nie saam met Charl gewerk het nie. Die kunstenaars is gaande oor hom,” het Frans Swart, die besturende direkteur van Lefra, gesê.

Volgens Frans skroom Charl nooit om ‘n helpende hand vir ander te wees nie en hy hoop dat Charl ook gou gehelp kan word.

Charl moes noodgedwonge op 21 Julie ‘n skouer operasie ondergaan nadat hy infeksie in sy skouer opgedoen het.


Charl Senekal moes dringend ‘n skoueroparasie ondergaan na hy infeksie opgedoen het.

Hy het na bewering vir 10 dae met ‘n geskeerde spier geloop voordat hy besef het dat daar groot fout is. Volgens hom het hy gedink dat hy bloot die spier seergemaak het.

Die geskeerde spier het intern gebloei wat na die infeksie in sy skouer gelei het. Omdat Charl nie oor ‘n mediese fonds beskik nie, was hy eers in Verre Oos-Rand Hospitaal opgeneem.

Sy familie was na bewering nie gelukkig met die behandeling wat hy daar ontvang het nie en hy is na Life Springs Parkland Hospitaal oorgeplaas waarna ‘n onmiddelike operasie gevolg het.

Die operasie het goed verloop en Charl sterk tans nog in die hospitaal aan. Na afloop van die operasie en sy mediese behandeling, staar Charl en sy gesin groot mediese onkostes in die gesig.

Enigeen wat die gesin finaniseel wil bystaan kan vir Lefra Produksies by 011 815 3000 kontak of ‘n epos aan info@lefra.com stuur.

Exit mobile version