Nuwe hoof vir Anne-Zelle

Liebenberg het in die derde kwartaal by Anne-Zelle Mikro-Skool aangesluit.

Die Anne-Zelle Mikro-Skool in Casseldale het onlangs ‘n nuwe hoof verwelkom. Die 57-jarige Paul Liebenberg het egter geen bekendstelling nodig nie en is alombekend vir sy passie vir die onderwys en sportafrigting.

Liebenberg, wat in Geduld Uitbreiding woon, is al vir 35 jaar deel van die onderwys en gereed om sy stempel by dié privaat skool af te druk.

Hy het sy Senior Primêr Onderwysgraad aan die destydse Goudstad Onderwyskollege voltooi en in 1990 by Laerskool Jan van Riebeeck as proefstudent begin, waar hy wortel geskiet het.

Na meer as drie dekades het Liebenberg het gevoel dit is tyd vir ‘n verandering en aan die einde van kwartaal twee dié skool gegroet om by Anne-Zelle die posisie as skoolhoof te betree.


LEES OOK: Speaker officiates swearing in of two new councillors


Liebenberg sit egter nie heeldag op sy leerstoel nie, maar hy bied self ‘n paar vakke aan. Hy bied tans sosiale wetenskap, ekonomiese- en bestuurswetenskap, tegnologie, geografie en besigheidstudies aan.

“Nou kan ek al die kennis wat ek deur die jare by Jan van Riebeeck opgebou het, hier kom toepas,” vertel hy.

Anne-Zelle Mikro-Skool bestaan al ses jaar lank waar Liebenberg meer in die agtergrond betrokke was as mede-eienaar en hy het ook op die beheerliggaam gedien.

Die 57-jarige skoolhoof het reeds groot planne om die skool uit te brei na ‘n groter perseel.


LEES OOK: Woman injures traffic warden trainees at Dunnottar Military Base


“Die skool raak al groter en die perseel net te klein. Ons beoog om uit te brei sodat ons meer kinders kan verwelkom.”

Liebenberg praat met baie lof van Anne-Zelle Mikro-Skool en volgens hom is hulle standaard nes die van enige ander skool.

Liebenberg se droom om skoolhoof te word het na baie jare uiteindelik verwesenlik en hy beoog om Anne-Zelle Mikro-Skool na hoër hoogtes te neem.

“My droom is dat elke kind gelukkig moet wees en om te verseker dat die skool sy volle potensiaal sal bereik.”

Exit mobile version