Local newsNews

Derby sorg vir strawwe wedstryde

Saterdag se derby was met goeie gees gespeel.

Die Hoërskool Hugenote en Hoër Volkskool Heidelberg het op 20 Junie mekaar die stryd op die rugbyveld aangesê.

Wat die geleentheid uitsonderlik gemaak het is die goeie gees wat beide skole se spelers, afrigters en selfs die ouers, na die wedstryde toe gebring het.

Al die spanne het hulle alles gegee om as oorwinnaars van die veld af te stap.

Die eindtellings was:
o14A: Hugies 5 – Volkies 18, o14B: Hugies 21 – Volkies 17, o15A: Hugies 12 – Volkies 36, o15B: Hugies 19 – Volkies 15, o16A: Hugies 14 – Volkies 31, o16B: Hugies 15 – Volkies 31, derde span: Hugies 26 – Volkies 17, tweede span: Hugies 31 – Volkies 10.

Na afloop van die wedstryde het Hugenote en Volkskool se eerste spanne mekaar die stryd aangesê.

Volkies se eerste span het met 30-29 gewen.

Punte is aangeteken vir Hugies deur, drieë: Luan Pretorius, Ruan van Biljon, Vian van Dyk en Hennie Eybers. Doelskoppe: Corne Pretorius (3) asook strafdoele (1).


Related Articles

Back to top button