Mej Springs finaliste kuier saam met mentors

Die groot finaal sal op 31 Augustus by Die Agterplaas in Casseldale plaasvind.

Die Mej Springs finaliste het Saterdagaand ‘n skemerkelkie geleentheid by die Riverside Country Estate in Grootvaly geniet.

Hulle het ‘n propvol program geniet saam met die gekose mentors.

Die paneel mentors het een-tot-een onderhoude met die 12 finaliste gehad om die deelnemers beter te leer ken.

Later het hulle na die alombekende Sandra Taljaard geluister en daarna ‘n heerlike ete geniet.

Die finaliste is: Carisa Botes, Shevon Fouche, Ngudo Nemukula, Gabriella D’Arrigo, Dilano Potgieter, Bejandri Lourens, Cheyenne Druez, Megan Fordyce, Dhonay Louw, Anri Boshoff, Ashley Joubert en Danike van den Berg.

Die groot finaal sal op 31 Augustus by Die Agterplaas in Casseldale plaasvind.


Exit mobile version