Gholfspelers wen liga

Die span het die Ekurhuleni skole B-liga gewen.

Die Hoërskool Hugenote se gholfspan het onlangs aan die Ekurhuleni skole liga deelgeneem en as wenners uit die stryd getree.

Die span het in die B-liga teen skole soos Hoërskool Dinamika, Dr EG Jansen en Hoërskool Kempton Park deelgeneem en skoonskip gemaak.

Exit mobile version