Local newsNews

Geduld begrafplaas word steeds afgeskeep

Bekommernisse oor sekuriteit en veiligheid verhoed dat mense die Geduld begrafplaas besoek.

Pogings om die Geduld begraafplaas in stand te hou bly ‘n stryd vir die Stad van Ekurhuleni. Lang gras en toegroeide onkruid maak dit byna onmoontlik vir mense om die grafte van hul geliefdes te vind.

Bekommernisse oor sekuriteit verhoed ook baie om die begrafplaas te besoek. ‘n Inwoner van Edelweiss, Annetjie Coetzee (75) het onlangs haar oorlede seun se grafsteen besoek maar beweer dat sy en haar man, Steven (81) selfs te bang was om uit hul motor te klim.

Die paartjie besoek al jare hulle seun se grafsteen maar sê dat hulle die laaste paar jaar nie meer veilig voel nie.

“Ons stel eintlik ons lewens in gevaar en deesdae is ons te bang om alleen te kom, maar ons wil tog ons kind se graf besoek. Ons het altyd gereeld gekom, maar ons kan nie meer nie,” het Annetjie gesê.

“Dit is duidelik dat onheilspellende karakters die begraafplaas besoek omdat die eiendom die slagoffer van vandalisme en diewe geword het.”


Annetjie (75) en Steven (81) Coetzee voel glad nie veilig wanneer hulle die begraafplaas besoek nie.

Die toetsand van die Geduld begrafplaas blyk of dit jaarliks net agteruit gaan. In sommige gebiede is die gras meters hoog en bedek die grafstene heeltemal.

In ander gebiede is die gras afgebrand wat ‘n laag as op die grafte laat en in ander dele is die begrafplaas met rommel besaai.

Die grafsteen wat Annetjie en haar man graag wil besoek is een van dié wat ontoeganklik is weens die hoogte en digtheid van die gras.

“As ons 24 jaar terug geweet het dit is hoe die plek nou gaan lyk, sou ons hom eerder verras het.”

Die Coetzees meen mense het nie respek vir die dooies nie.


Sommige grafstene is ontoeganklik weens die lang gras, onkruid en bosse wat welig groei.

“Die mense van vandag is nie meer trots op hulle werk nie. Toe ons destyds gewerk het, het ons hard gewerk en ons was trots op wat ons gedoen het. Vandag se mense het geen meer trots nie.”

Die Stad van Ekurhuleni het terugvoering gegee. Dit is soos volg:

“Die stad is bewus van die toestand van die betrokke begraafplaas. Die parke en begraafplase afdeling beplan om die terrein tot ‘n meer bevredigende toestand te herstel.

“’n Plan om die begraafplaas te onderhou is geformuleer en werk, grassny en verwydering van puin, sal op 11 Julie hervat. Dit is die munisipaliteit se prioriteit om die waardigheid van alle begraafplase binne die grense van die stad te herstel.”

Die Advertiser het verlede Donderdag die begrafplaas besoek en kan bevestig dat die gras gesny is.




ALSO CHECK: Fly-Mu festival ready for take-off

ALSO CHECK: City calls for Youth Legacy Excellence Awards nominations

Related Articles

Back to top button