Toneelspan word vereer

Die toneelspan was vanaf 28 Junie tot 1 Julie in Bloemfontein by vanjaar se Vrystaat Kunstefees.

Die Hoërskool Hugenote se toneelspan was vanaf 28 Junie tot 1 Julie in Bloemfontein by vanjaar se Vrystaat Kunstefees.

Hier het hulle die toneel Wat Wolke Weeg by die Reza de Wet Toneelfees opgevoer en baie goed gevaar.

By die toneelfees word die top 10 toneelskole in die land genooi om hulle nuwe stukke bekend te stel.

Alhoewel die toneelstuk nie self ‘n toekenning ontvang het nie, het drie toneellede met groot toekennings weggestap.

Marioné Muller het die toekenning vir die beste aktrise ontvang en Dylan Karsten (beligting) en Angelique Vorster (verhoogbestuurder) het weggestap met die titel as die beste tegniese span.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version